Taal:   Afrikaans  |   English
   
Ouers moet kinders inskryf - opgelaai op 24 Sep 2011

Gauteng-ouers móét kinders voor einde September by skole inskryf, sê FEDSAS

SKRYF jou kind voor die einde van hierdie maand by jou voorkeur-skool in.
 
Dit is die dringende boodskap van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) aan ouers van leerders in Gauteng.
 
Voorheen het ouers tot einde November gewag om leerders by hul voorkeur-skool in te skryf, maar inmenging deur die Gauteng-onderwysdepartement het die meeste skole genoodsaak om hul bemarkingsaksies te verskerp.
 
 “Skole wat nie teen die einde van vandeesmaand vol is nie, gaan na alle waarskynlikheid deur die provinsiale onderwysdepartement gedwing word om leerders te aanvaar wat nie noodwendig voldoen aan die skool se taal- en toelatingsvereistes nie,” sê mev. Melanie Buys, provinsiale bestuurder van FEDSAS in Gauteng.
 
Hoewel toelating ‘n funksie van ‘n skool se beheerliggaam is, het hierdie departement vroeër vanjaar ‘n omsendbrief uitgestuur wat bepaal dat leerders van 1 Augustus tot 30 September by die skool van hul keuse moet inskryf ten einde plek vir volgende jaar te verseker. Daarna behou die departement die reg voor om verdere inskrywings na sy goeddunke te plaas – ongeag die skool se taal- en toelatingsbeleid.
 
Buys sê FEDSAS se regsspan het reeds ‘n brief aan die onderwysdepartement gestuur om te eis dat die omsendbrief teruggetrek word. “Ouers, skole en beheerliggame moet egter nie wag op ‘n uitslag van enige regsaksie nie. Die beste veiligheidsmeganisme is om toe te sien dat ‘n skool teen die einde van September vol is vir volgende jaar.”
 
Volgens FEDSAS is leerders en veral suksesvolle skole nou die slagoffers van die onderwysdepartement se swak beplanning. “Die departement het geensins tred gehou met groeiende leerdergetalle as gevolg van die invloei
 
Dit blyk dat die Gauteng-onderwysdepartement voorkeur gee aan dubbelmedium-skole. Dit hou ernstige gevolge vir funksionele skole met Afrikaans as voertaal in. Buys sê die departement teiken dikwels hierdie skole onder die vaandel van “transformasie” wat niks met gehalte-onderwys te doen het nie.
 
FEDSAS sal voortgaan om sy lede se belange te verteenwoordig. “Om chaos met toelating te voorkom, vra ons egter dat ouers so gou as moontlik hul kinders by die skool van hul keuse inskryf. Dit sluit in kinders wat van skool verander sowel as hulle wat vir die eerste keer skool toe gaan.”
Vertel ander van die storie
Meer |
Ander media berigte
Stof wil maar net ni
Mike van Rooyen DIE stof wil maar nie gaan lê oor die hele taalkwessie van die Hoërskool Hoopstad nie. Die onderwysersunie Sadou het nou
lees verder
Gestremde kinders sl
Alet Rademeyer Talle gestremde leerlinge kan sonder ’n heenkome wees as die Gautengse onderwysdepartement ’n besluit deurvoer om die kosh
lees verder
Een maand om kinders
Maak nóú gereed om kinders in Gauteng-skole in te skryf, maan FEDSAS oor vervroegde afsnydatums Ouers het vanjaar net een maand om hull
lees verder
Legendariese VS-onde
 Legendariese VS-onderwysleier groet ná 50 jaar   Ná ‘n halfeeu van opvoeding lê een van die groot geeste in ond
lees verder
Onwettige protesaksi
 Onwettige protesaksie nie kinderspeletjies nie, maan FEDSAS Cosatu se oproep dat leerders aan môre (Woensdag, 24 April 2013) se protesa
lees verder
Rigtinggewende hofui
DUIDELIKE riglyne vir die hantering van tienerswangerskappe in skoolverband sal binnekort ‘n werklikheid wees te danke aan die uitspraak in &lsq
lees verder
Teken in Vry 18 April 2014
gebruikersnaam wagwoord
Teken in
 
Nuusbriewe
Limpopo Nuusbrief 4_2014 teken in
NW Nuusbrief 3_2014 teken in
FEDSAS Spesiale Nuusbrief 4_14 teken in
FEDSAS Spesiale nuusbrief 3_2014 teken in
FEDSAS Spesiale Nuusbrief 2_14 teken in
VS Nuusbrief_5_2014 teken in
Laerskool Derdepoort
In die nuus
Stembus
Is die gebruik van tegnologie in die klaskamer 'n goeie idee?



Media
Gauteng, Noord-Kaap sprin...
 Gauteng, Noord-Kaap spring weg met skooltoelatings; FEDSAS maan ouers om gehoor te gee aan sperdatu...
lees verder
KykNET Dagbreek: Onderhou...
Die KykNET program, Dagbreek, het n onderhoud met ons Uitvoerende Hoof, Paul Colditz gevoer oor die navor...
lees verder
Tuis     Blaaier  Vrywaring    Privaatheidsbeleid    Inhoudsbestuurstelsel    Webmeester   
© 2014 FEDSAS - Alle regte voorbehou
SAOOT Chillies