NW: Die Hoërskool Wagpos: Aflos Beheerliggaampos
Closing Date: 01 February 2023
Wagpos is 'n top Landbou, Tegniese en Akademiese skool net buite Brits in die Noordwes Provinsie en bied uitstekende geleenthede. Toepaslik gekalifiseerde individue kan hulself ontwikkel binne 'n rustige plaasomgewing deur deel te word van ons dinamiese span
AFLOS BEHEERLIGGAAMPOS: EKONOMIESE BESTUURSWETENSKAP Gr 8 & 9
Die geskikte kandidaat sal direk aan die HOOF en BEHEERLIGGAAM of sy/haar gevolmagtigde verteenwoordiger rapporteer.
Basiese Verantwoordelikhede:
•Onderrig van vakinhoud vir Senior en VOO-Fase.
•Opvoeding van leerders tot volwassenheid.
•Buitemuurs & kultuur – volgens behoefte van Wagpos.
•Voogwerk.
•Dissipline.
Vaardighede, kwalifikasies en algemene vereistes:
•Toepaslike onderwyskwalifikasie en ondervinding in vakgebied.
•SACE-sertifikaat.
Indien u sou belangstel in hierdie pos kan u ‘n verkorte CV, afskrif van u ID-dokument en SACE sertifikaat stuur na hr@wagposhs.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: Aansoek word so gou moontlik ingewag
Dienstydperk: 1 Februarie 2023 tot 31 Mei 2023
Indien u nie voor 31 Januarie 20232 enige terugvoering ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Die Hoërskool Wagpos
Contact No: (012)0722733