Event

Event Info

Date and Time:

27 Sep 2022 19:15 - 20:30

Cost per person:

R 50,00

Seats available:

100

Language:

Afrikaans

Venue:

Goudveld Hoërskool

Contact Person:

Elretha de la Rey, 051 522 6903 / admin2@fedsas.org.za

digiTaal: In jou provinsie, in jou Taal - Vrystaat 27 September Welkom


FEDSAS se Sentrum vir Tegnologie nooi jou skool uit na ‘n Tegnologie gesprek in jou Taal - digiTaal in jou provinsie.

Onderwystegnologie het sterk na vore getree met die ontwrigting tydens die pandemie.  Die meeste van die toerusting wat ons gebruik het is reeds ‘n geruime tyd beskikbaar vir die skool en die klaskamer.  Tydens ons onlangse besoek aan BETT in Londen het ons gaan ondersoek instel na die nuutste tendense, die beskikbare oplossings en die blywende impak van die voordeel van beskikbare tegnologieë.

Ons bring van die verskaffers saam om produkte uit te stal.  Ons sal ander oplossings ook bekend stel asook ‘n handleiding aan besoekers gee rakende die sinvolle integrasie van tegnologie vir beter leeruitkomste.

Kom sluit aan by die sessie, wat dieselfde tyd plaasvind as Dr Jaco Deacon se leierskapsessie.  Vind uit oor saamrygeleenthede, maak jou bussie of motor vol en bring jou IT guru, tegnologie komitee lede, SBL IT lid en ander belangstellendes saam.  Daar gaan selfs ‘n kort Kodering en Robotika sessie aangebied word sou julle leerders saambring. 

Ons wil graag persoonlik met julle gesels en ook om meer te wete kom van jul spesifieke behoeftes.




Must be logged in to book event
Copyright FEDSAS 2022 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privacy Policy