Beheerliggaampos: Onderwyser - Afrikaans Huistaal (GRAAD 8–12, meld ook ander vakke)
Die Skoolbeheerliggaam nooi geskikte, dinamiese en gemotiveerde kandidate om aansoek te doen vir ’n Beheerliggaam-onderwyserpos in Afrikaans Huistaal vir Graad 8 tot 12.
Pligte en verantwoordelikhede:
•Aanbieding van Afrikaans Huistaal volgens die KABV/CAPS-kurrikulum.
•Beplanning, assessering en administrasie van akademiese werk.
•Ontwikkeling van leerders se lees-, skryf-, praat- en taalvaardighede.
•Doeltreffende klaskamerbestuur en bevordering van ’n positiewe leeromgewing.
•Aktiewe betrokkenheid by buitemuurse aktiwiteite: Meld asseblief betrokkenheid.
•Ondersteuning van holistiese leerderontwikkeling.
•Samewerking met kollegas, ouers en die skoolbestuur.
•Deelname aan skoolverwante funksies en kultuuraktiwiteite.
•NSS – nasienervaring sal voordelig wees.
Minimum vereistes: •’n Relevante erkende universiteitskwalifikasie met Afrikaans as hoofvak of onderrigvak: Meld ander vakke ook asseblief •Geldige SACE-registrasie (of bewys van aansoek). •Goeie kommunikasie en organisatoriese vaardighede. •Toewyding tot professionele etiek en leerderwelstand. •Die suksesvolle kandidaat mag nie op die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders verskyn nie.
•Aanbeveling: PDP Wetlike en geskiktheidsvereistes •Die skool is verbind tot regverdige en deursigtige werwing in ooreenstemming met die wetgewing op Indiensnemingsgelykheid. •Alle toepaslike agtergrond- en geskiktheidskontroles sal uitgevoer word, aangesien ons deur die Skolewet gebind word.
Aansoeke en onderhoude: •Belangstellende kandidate moet ’n omvattende CV, gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies, bewys van SACE-registrasie en kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings indien.
•Verifikasie teen die toepaslike registers sal deel vorm van die aanstellingsproses.
•Kandidate sal deur ‘n sifting proses beoordeel word, waarna geskikte vir onderhoude kandidate genooi sal word.
•As jy binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoer ontvang nie, kan aanvaar word dat jou aansoek nie suksesvol was nie. •Hoërskool Durbanville behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
•Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.
Alle aansoeke kan gestuur word na hr@durbanvillehs.co.za
Sluitingsdatum vir Aansoeke: 21 Augustus 2026
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027