NK: Hoërskool Duineveld: Sporthoof
Closing Date: 18 September 2026
Hoërskool Duineveld nooi ’n dinamiese, energieke en toegewyde
onderwyser/afrigter uit om aansoek te doen vir die pos van SPORTHOOF.
VERANTWOORDELIKHEDE:
- Die ontwikkeling en implementering van die skool se sportstrategie en doelwitte.
- Die bevordering van massadeelname en hoëprestasie-sport.
- Die identifisering en ontwikkeling van sporttalente.
- Die bestuur, ondersteuning en evaluering van sportorganiseerders, afrigters en sportspanne.
- Die opstel en monitering van KPI’s en prestasiedoelwitte vir sportsoorte.
- Die koördinering van die jaarlikse sportkalender, wedstryde, toernooie, ligas en sportgeleenthede.
- Die bestuur en effektiewe benutting van die skool se sportfasiliteite en toerusting.
- Koördinering van sporttoere, vervoer, logistiek en verwante administrasie.
- Toesig oor die voorbereiding en aanbieding van Winter- en ander interskole-geleenthede.
- Koördinering van sportbemarking, kommunikasie, sosiale media, uitslae en sportverslaggewing.
- Die ontwikkeling en bestuur van verhoudings met sportliggame, skole, borge, ouers, oud-Velties en ander belanghebbendes.
- Samewerking met die bemarkings- en kommersiële span rondom borgskappe, fondsinsamelings en bemarkingsinisiatiewe.
- Opstel en bestuur van die sportbegroting in samewerking met die finansiële span.
- Toesig oor die sporttoerusting, voorraad en finansiële beheer.
- Koördinering van sportuitsendings, live streams en ander digitale sportinisiatiewe.
- Enige ander redelike sportverwante pligte soos deur die skoolhoof opgedra.
KENMERKE VAN DIE IDEALE KANDIDAAT:
- ’n Sterk passie vir skoolsport en die ontwikkeling van jongmense het. (Onderwyskwalifikasie onderhandelbaar).
- Uitstekende leierskap- en bestuursvaardighede beskik.
- Strategies kan dink en terselfdertyd prakties kan uitvoer.
- Uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede het.
- Sterk organisatoriese en administratiewe vaardighede het.
- Ervaring het in sportbestuur, sportontwikkeling en/of afrigting (Vlak 2 rugby sal voordelig wees).
- Finansiële en begrotingsbestuurvaardighede het.
- Goeie verhoudings met afrigters, personeel, leerders, ouers en eksterne rolspelers kan bou.
- Onder druk kan funksioneer en verskeie projekte gelyktydig kan bestuur.
- ’n Kultuur van deelname, prestasie, dissipline, spanwerk en uitnemendheid kan vestig.
Stuur u CV met u:
• ID
• toepaslike kwalifikasie
• 3 verwysings
Enige navrae kan gerig word
aan die skoolhoof by:
hoof@duineveld.co.za
AANVANGSDATUM:
1 JANUARIE 2027
Hoërskool Duineveld
Contact No: 054 338 8222