FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie vir beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole
1. Samestelling
Die Uitvoerende Komitee (‘die Komitee’) is ’n amptelike komitee van die Nasionale Raad en bestaan uit:
Die voorsitter en ondervoorsitter van die Nasionale Raad is te alle tye geregtig op setels in die Komitee.
2. Sekretariaat
Die nasionale kantoor sal die Komitee met sekretariële dienste bystaan.
3. Opdrag en delegasies
Die werksaamhede van die Komitee is soos volg:
4. Vergaderings
Vergaderings van die Komitee word deur die voorsitter belê. Die Komitee vergader na gelang van behoefte, maar minstens een maal per kwartaal.
Buiten in ongewone en dringende omstandighede, word kennisgewings van vergaderings met die datum, tyd en plek van die vergadering sowel as die agendapunte minstens drie (3) dae voor vergaderings aan alle lede van die Komitee voorsien.
5. Vergaderprosedure
Die prosedure vir verrigtinge van die Komitee word deur die Komitee self bepaal, maar strook andersins met die grondwet van FEDSAS en gewone vergaderprosedure.
Die sekretariaat van die Komitee notuleer die verrigtinge van die Komitee. Enige lid van die Nasionale Raad is geregtig op ’n afskrif van die notules, met die toestemming van die Komiteevoorsitter.
6. Algemeen
Die Komitee is daarop geregtig om in die uitvoering van sy werksaamhede kragtens hierdie reglement sodanige professionele of ander eksterne advies in te win as wat die Komitee nodig ag.
Die Nasionale Raad moet toesien dat die Komitee toegang het tot professionele advies van sowel binne as buite FEDSAS om die Komitee in staat te stel om sy werksaamhede te verrig.
Die Nasionale Raad kan hierdie reglement van tyd tot tyd na eie goeddunke wysig.
Hersien April 2023